Koronavirus: SA nou voorbereid op moontlike uitbraak

Deel hierdie storie / Share this story

Netcare, Suid-Afrika se grootste hospitaalgroep, is tans besig met voorbereiding vir die moontlike plaaslike uitbraak van die dodelike koronavirus. Dr. Anchen Laubscher, mediese direkteur van Netcare, sê die hospitaalgroep is nou ten volle toegerus om die moontlike uitbraak van die virus te hanteer.

Dokters en verpleegsters het die nodige opleiding ontvang en Netcare se mobiele afsonderingseenhede word ook tans uitgebrei. Dr. Laubscher sê die afsonderingseenhede is so ontwerp om die moontlike koronavirus-pasiënte effektief te behandel en terselfdertyd die moontlike risiko vir infeksie te voorkom.

Daar is egter tot op hede geen gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika aangemeld nie. Die dodetal regoor die wêreld is tans 2 100.

Bron: Business Insider