Bultfonteinpad moet heropen word

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Meerderheid raadslede het vanoggend gestem om Bulfonteinstraat weer vir ligte voertuie oop te maak.

Raadslede van die DA-koukus waarsku egter daarteen oor kommer dat vibrasies van voertuie op die pad ’n ineenstorting van die rand van die Groot Gat kan veroorsaak.

Philip Vorster, DA-raadslid, het lede gemaan om weer vorige inligting na te gaan. Hy sê De Beers het teen die gebruik van die pad geadviseer.

Christopher Phiri, koukusleier van die DA, sê die DA is teen die besluit gekant. Die party neem nie verantwoordelikheid indien die heropening tot ’n katastrofe lei nie.

Thulo Francis, hoofsweep van die EFF, sê die besluit word verwelkom omrede verkeer deur die middestad met die trokke chaoties is.