Wat jy gaan benodig
- 1 kg spek
- 4 teelepels sout
- 1 teelepel growwe swartpeper
- 1 teelepel rissie-speserye
- 125 mℓ wit asyn
Hoe jy moet maak
Plaas ’n lagie spekrepies onder in ’n bak. Strooi die speserymengsel bo-oor. Plaas nog ’n lagie spek bo-oor die eerste een. Strooi weer die speserymengsel bo-oor en herhaal die proses tot al die spek met die speserye bedek is. Sprinkel dan die asyn oor die spekrepies. Maak die houer toe met ’n stukkie kleefplastiek en laat staan vir ongeveer 4 ure. Hang vir twee dae om droog te word.



