Krag in New Park binnekort weer aan

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Volgens Louis Olivier, inwoner van New Park, het die munisipaliteit by sy huis opgedaag om die vermoedelik foutiewe kragkabel te kom vervang.

Volgens Olivier het die munisipaliteit die kragkabels in die New Park-area ontkoppel om sodoende die foutiewe kabel op te spoor.

Die munisipaliteit is egter nou besig om die kabels weer te koppel en die New Park-inwoners sal binnekort weer krag hê.