Groot geredekawel oor boelie-slagoffer se werklike ouderdom

Deel hierdie storie / Share this story

Die internet gons oor die 9-jarige boelie-slagoffer wat glo eintlik 18 jaar oud is, na ’n video versprei is waarin Quaden Bayles na die kamera middelvinger wys met geld en ’n geweer in sy hande. Daar was gerugte dat hy eintlik ’n kulkunstenaar is en net geld wou maak deur ’n video op Facebook te plaas waar hy op mense se gevoel speel.

Daar is ook artikels wat berig dat die seun wel nege jaar oud is en dat hierdie valse sosiale media-rekeninge oopgemaak is deur mense wat jaloers is en nie die beste vir die seun wil hê nie.

In ’n artikel in Daily Mail word daar bewyse gelewer van die seun se onskuldigheid. Die artikel bevat foto’s van waar Quaden op televisie verskyn as ’n 4-jarige seun op sy ma se skoot sit.

Wat dink jy? Is Quaden Bayles nege of 18 jaar oud?