Man (26) verkrag glo sy kleinniggie (4)

Deel hierdie storie / Share this story

DANIËLSKUIL – Op 22 Februarie 2020 is ’n man in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van sy vierjarige kleinniggie.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings is besig om ’n saak van verkragting te ondersoek. “Die ondersoek het begin ná die 26-jarige man in hegtenis geneem is.”

Die saak is by die polisie aanhangig gemaak. Na bewering het die verdagte die vierjarige meisie by hul woning op Daniëlskuil verkrag.

Die verdagte sal na verwagting binnekort voor in die Postmasburg-hof verskyn op ’n aanklag van verkragting.

Die polisie-ondersoek duur voort.