Heerlike braaimarinade – resep

Deel hierdie storie / Share this story

Wie geniet dit nie om te braai nie? As Suid-Afrikaners is dit al ’n tradisie om byna elke naweek te braai en om met vriende en familie te sosialiseer.

Probeer gerus volgende keer hierdie heerlike braaimarinade.

Bestanddele:

  • 45 ml (3 eetlepels) blatjang
  • 45 ml (3 eetlepels) tamatiesous
  • 45 ml (3 eetlepels) mosterd
  • 45 ml (3 eetlepels) rissiesous, opsioneel en volgens voorkeur
  • 45 ml (3 eetlepels) witwynasyn
  • sout en peper, na smaak
  • 1 hoender- / bees- / skaapvleis-aftrekselblokkies opgekrummel
  • 1 groot ui, opgesny
  • 1 elk groen, rooi en geel soetrissies, saadjies uitgehaal en fyn gekap
  • 2 of 3 rooi of groen rissie (opsioneel en volgens smaak)
  • 2 kg vleisblokkies gekies of hoenderporsies

Metode:

Meng die blatjang, tamatiesous, mosterd, brandrissous en asyn tot ’n dik pasta. Geur die aftreksel deur die ui en rissies by te voeg. Meng goed.

Vryf die mengsel oor die vleis en verkoel oornag om te marineer.

Berei die kole vir die braai voor.

As die kole gereed is, haal die vleis uit die marinade en braai. Draai die vleis af en toe op die braai-rooster tot dit gaar is volgens voorkeur.