Wes-Einde grondgrype word aangespreek

KIMBERLEY – Patrick Mabilo, uitvoerende burgemeester, Solly Legodi van Coghsta en Norman Shushu van die premierskantoor, het op Woensdag die gemeenskap van Rythym City in Galeshewe oor die grondgrype in Wes-Einde gespreek. 

Lede van die burgemeesterskomitee en grondeienaars was tydens die vergadering teenwoordig om alternatiewe oplossings vir die besit van private eiendom te bespreek.

Inwoners het hulle kommer en griewe met amptenare van die verskillende departemente en instellings gedeel.

Verdere vergaderings sal gedurende die maand plaasvind om die saak op ’n vriendskaplike manier op te klaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *