Dief op heterdaad betrap

Deel hierdie storie / Share this story

HARTSWATER – Die polisie het volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, op 18 Februarie 2020 ‘n verdagte in hegtenis geneem na hy alkohol en toiletware uit ‘n vragmotor op Hartswater probeer steel het. Die vragmotor was langs ‘n winkel in Hartswater en die goedere was besig om uit die vragmotor gelaai te word.

Die verdagte is met bokse vol gesteelde goedere gesien en die polisie is ontbied. Die gesteelde goedere ter waarde van ongeveer R13 000 is gekonfiskeer en die verdagte is in hegtenis geneem.

Hy verskyn binnekort in die landdroshof op Hartswater.