OOS-KAAP – Die soektog duur voort na Avela Mavavana, 1 jaar en 10 maande oud, wat op 9 Februarie 2020 uit haar huis in die Ntshamanzi Admin Area in Moyeni verdwyn het.
Avela het met twee ander kleuters gespeel toe sy vermis geraak het.
Enigiemand met inligting oor die vermiste kleuter kan die ondersoekbeampte by 082 416 8512 skakel.



