Dit is tiener-selfdoodvoorkomingsweek. Dit word gereeld in die media uitgelug dat die hoë risiko ouderdomsgroep vir selfdood tieners is. Dit beklemtoon die dringende behoefte om te verseker dat ons aanhou om soveel inligting oor die voorkoming van tiener-selfdood te deel. Een tiener-selfdood is een te veel.
Een klein gebaar kan ’n verskil maak en ’n lewe red. Hier is ’n paar wenke hoe jy dalk iemand in die moeilikheid kan help.
Tekens van gedagtes oor selfdood
- Praatjies van selfdood. As die persoon sê hy of sy wens hy of sy was nooit gebore nie, wens hy of sy is dood, ens.
- Onttrek van sosiale kontak en wil alleen gelaat word.
- Buierigheid, soos om een dag emosioneel hoog te wees en die volgende dag diep terneergedruk te wees.
- Besig wees met gedagtes oor die dood of geweld.
- Om vasgevang of hopeloos oor ’n situasie te voel.
- Toenemende gebruik van alkohol of dwelmmiddels.
- Veranderde roetine, insluitend eet- of slaappatroon.
- Om selfvernietigende dinge te doen, soos om dwelms te gebruik of roekeloos te ry.
- Om besittings weg te gee of sake in orde te kry as daar geen ander logiese verklaring daarvoor is nie.
- Afskeid te neem van mense asof hulle nie weer gesien sal word nie.
- Die ontwikkeling van persoonlikheidsveranderinge of angstigheid, veral saam met die waarskuwingstekens hierbo genoem.
Vra
Vra direk: Het jy selfdood gedagtes? Het jy al ooit daaraan gedink om jouself seer te maak? Het jy al ooit gevoel dat jy nie meer wil lewe nie?
Sorg
Luister sonder oordeel. Wys jy gee om.
Hulp
Kry onmiddellik vir jou kind, vriend of tiener hulp. Vat hom of haar na die naaste volwassene, betroubare onderwyser of geestesgesondheidswerker (dokter, sielkundige, psigiater, maatskaplike werker, kerkleier, berader, ens.) vir behandeling. Alternatiewelik skakel SADAG by 0800 567 567/0800 21 22 23 of sms 31393 vir hulp.
Bron: https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/suicide/symptoms-causes/syc-20378048



