Vermeende ontvoerder van 8-jarige meisie vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP, CRADOCK – Moyhdian Pangkaeker (54), die hoofverdagte in die verdwyning van Tazne van Wyk (8), is op 18 Februarie 2020 op Cradock in die Oos-Kaap vasgetrek.

Volgens bronne na aan die ondersoek is  Pangkaeker, wat van die ontvoering van Tazne beskuldig word, deur die Wes-Kaapse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings saam met misdaadintelligensie, gevang.

Dit is nie duidelik of Tazne by Pangkaeker was nie ten tye van sy inhegtenisneming nie. Die polisie in die Wes-Kaap moet nog die inhegtenisneming van Pangkaeker bevestig.