Xander Bylsma (20) is gister 17 Februarie 2020 skuldig bevind aan die moord op sy eksmeisie, Sharnelle Hough (17) en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16).
Bylsma het op 25 Mei 2018 in die Hoërskool Stella se meisieskoshuis vir Hough verwurg en aan ‘n trapreling in die meisieskoshuis opgehang. Hy het glo vir Engelbrecht kort tevore op die ingewing van die oomblik met ‘n drasak versmoor.

Bron: TimesLive



