Daar is niks so lekker soos mieliebrood nie. Probeer hierdie eg Suid-Afrikaanse resep.
Bestanddele:
- 500 g bruismeel
- 1 blikkie cream style suikermielies
- halwe teelepel sout
- 1 koppie gerasperde kaas
- 1 handvol grofgekapte vars basiliekruid
- 1 blikkie melk (vul die leë blikkie van die suikermielies)
Metode:
- Voeg al die bestanddele in ’n mengbak.
- Vul die leë blikkie suikermielies met melk en voeg by die res.
- Meng alles goed.
- Spuit ’n broodpannetjie en skep die mengsel daarin.
- Bak vir 1 uur by 180°C
Wenk: Die brood sal heerlik wees met ’n koppie lekker hoender-of groentesop.



