Sol Plaatje-munisipaliteit wil weer opstaan

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die uitvoerende burgemeester, Patrick Mabilo, het vandag ’n spesiale vergadering met die hele burgemeesterskomitee, waarnemende munisipale bestuurder, senior uitvoerende direkteure en alle werknemers van Sol Plaatje-munisipaliteit in die stadsaal gehou.

Die doel van die vergadering was om te besin oor die huidige uitdagings vir dienslewering wat die stad raak. Mabilo het ook aan alle werknemers duidelikheid gegee oor wat van hulle verwag word.

Sol Plaatje wil dienslewering, slaggate, rioolstortings, gebarste pype, vullisverwydering en straatligte herstel.  Hulle wil ook na gemeenskapsprobleme sonder enige verdere vertraging luister.