KIMBERLEY – Die polisie het op 13 Februarie 2020 twee vroue van onderskeidelik 28 en 37 jaar en een man (52) in hegtenis geneem vir dwelmhandel.
Daar is meer as 800 Mandrax-tablette ter waarde van ongeveer R50 000 op die verdagtes se perseel in Colville gevind. Die polisie het ook alle kontant op die perseel gekonfiskeer.
Die drie verdagtes sal Maandag in die landdrofhof verskyn.




