KIMBERLEY – Ongeveer 200 studente het buite die universiteitsperseel byeengekom om te eis om die visekanselier te besoek. Hulle kla ondermeer oor ‘n tekort aan verblyf.
FiND iT was op die toneel.
Brig. Mohale Ramaseba, woordvoerder van die polisie, sê: “Na bewering het die studente vroeër ‘n mobiele-kamer vir sekuriteit verbrand. Op die oomblik is die betoging rustig en is die polisie op die toneel om die situasie te monitor.”
Daar is niemand in hegtenis geneem nie.





