Hawelose gholfjoggie kwalifiseer vir pro-toernooi

Deel hierdie storie / Share this story

Llewellyn Barnes (59), het ’n weeskind geword nadat sy pa oorlede is toe hy baie jonk was. Hy is na ’n koshuis op ‘n gholfbaan in Zwartkops geneem. Dit was hier waar Barnes op die ouderdom van 10 jaar oud begin het as gholfjoggie en sy liefde vir gholf ontwikkel het.

Na die dood van sy ma het Barnes na Pretoria verhuis op soek na werkgeleenthede, maar het op 25-jarige ouderdom haweloos geword. Hy was ’n joggie terwyl hy op straat gewoon het en in die beroep vertroosting gevind het. Hy het gholf gespeel met elke kans wat hy kon kry.

Barnes het jare lank voor ’n  winkel in Centurion geslaap. Dit is waar hy Gareth Frost ontmoet het, wat in die winter van 2019 ’n ontbytklub vir haweloses begin het. Frost het die geld wat hy verdien het uit die verkoop van sy ongewenste items gebruik om Barnes te help om by die Q-skooltoernooi in te kom.

Alhoewel hy ’n jaar voor die toernooi ophou gholf speel het, kon hy steeds met ’n voorsprong van +2 wegstap. Die toekoms lyk vir hom blink. Hy is opgewonde omdat sy volgende stop die Sunshine-toernooi is.

Bron: https://www.all4women.co.za/1945864/news/south-african-news/homeless-golf-caddie-qualifies-for-pro-tournament-help-support-his-dream