CALVINIA – ’n Ryloper is gister deur twee polisielede in hegtenis geneem nadat hy met 98 Mandrax-tablette in sy besit gevind is.
Brig. Mohale Ramaseba, polisiewoordvoerder, sê op 12 Februarie 2020 omstreeks 07:00 het twee polisielede ’n verdagte man (32) wat van Calvinia na Nieuwoudtville wou ryloop, opgelet. Hy is deursoek en 98 Mandrax-tablette is by hom gevind. Die verdagte is vir die besit van dwelmmiddels in hegtenis geneem.”
Die verdagte sal binnekort in die plaaslike landdroshof op Calvinia verskyn.




