Solidariteit kondig regstappe aan teen planne om staatspensioene te kaap om Eskom te red

Deel hierdie storie / Share this story

Solidariteit bied op Woensdag, 12 Februarie ʼn mediakonferensie aan waartydens die eerste regstappe aangekondig gaan word om die kaping van staatsdienswerkers se pensioene te keer.

Solidariteit sal tydens die konferensie ook aankondig waarom die gebruik van staatsdienswerkers se pensioene om Eskom te befonds ʼn slegte idee is.

“Om werkers se pensioengeld te gebruik om sukkelende staatsondernemings te help is ʼn fout om ʼn fout reg te stel. Alhoewel die fokus van die mediakonferensie op die Eskom-planne val, het Solidariteit ʼn veel breër strategie om werkers se pensioene in die algemeen te beskerm. Ons is bekommerd dat die Eskom-planne nie tot Eskom, en ook nie net tot staatsdienspensioene beperk is nie,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Lede van die media word hiermee uitgenooi om dié konferensie by te woon.

Wanneer: 12 Februarie 2020
Tyd: 09:00
Waar: Cedar Woods of Sandton
RSPV:[email protected]