Gate in Market- en Dunhellstraat irriteer inwoners

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Inwoners van die stad is bekommerd en geïrriteerd met gate in Market- en Dunhellstraat wat vir meer as twee jaar nog nie herstel is nie.

Aletta Nel, ’n inwoner van die stad, het op Facebook by Sol Plaatje-munisipaliteit gepleit om die gate te kom regmaak. “Mens kan nie die pad gebruik nie en daar is so baie verkeer wat die pad moet gebruik.”

FiND iT het navraag by Sello Matsi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen, maar wag vir terugvoer.