Verdagte vir die besit van dwelms in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

KATHU – ’n Man (32) is hier vir die besit van dagga in hegtenis geneem.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê polisielede op Kathu het gisteraand ’n verdagte in hegtenis geneem nadat hy met 0,47 gram dagga in sy voertuig gevind is.  

Inligting ontvang

“Polisielede het op 6 Februarie 2020 patrollies in die Kathu-area gedoen toe hulle inligting ontvang van ’n voertuig wat dagga vervoer. Die polisielede het ’n groen Toyota Tazz op die N14 tussen Kathu en Postmasburg gestop. Dagga met ’n beraamde straatwaarde van R2 350.00 is binne die voertuig gevind.”

Verdagte in hegtenis

Die verdagte is vir die besit van dagga in hegtenis geneem en die voertuig is gekonfiskeer. Die verdagte sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn.