NOORD-KAAP – Kapt. Salmons Gerhardus Esterhuisen is vroeër die maand op drie aanklagte van bedrog in hegtenis geneem. Kapt. Esterhuisen word deur die staat beskuldig van meer as R30 000 se bedrog.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê: “Vroeër hierdie maand het die Noord-Kaapse provinsiale speurders een van hul eie lede, ’n ondersoekbeampte, kapt. Salmons Gerhardus Esterhuisen, in hegtenis geneem en hom op drie aanklagte van bedrog aangekla. Kapt. Esterhuisen word deur die staat beskuldig van meer as R30 000 se bedrog. Die ondersoek het aan die lig gebring hy het meer as een keer kontantvoorskot by die polisie se finansiële kantoor getrek deur nie-bestaande versoeke om voorskot in te dien.”
Na sy inhegtenisneming het hy in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die saak is tot 25 Februarie 2020 uitgestel vir verdere ondersoek.



