Koronavirus: Deurbraak

Deel hierdie storie / Share this story

Sky News berig ’n Britse wetenskaplike het ’n deurbraak gemaak in sy ondersoek oor die inenting teen die koronavirus.

Robin Shattock, hoof van die eenheid vir slymvliesontsteking en immuniteit aan die Imperial-kollege in Londen, sê  hy is nou in ’n stadium waar hy die inenting op diere gaan toets.

“Hierdie inenting gaan nie betyds wees vir hierdie uitbraak nie, maar dit kan van groot belang wees sou die virus miskien weer uitbreek.”