Drie mans in hegtenis vir besit van vermoedelik gesteelde goedere

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Drie mans tussen 27 en 42 jaar oud is deur Batlharos-polisielede vir vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê: “Op Vrydag 31 Januarie om 08:30 die oggend is ’n  padversperring deur Batlharos-polisielede opgerig. Tydens die padversperring is ’n Hyundai-motor deursoek en agt batterytorings is gevind. Nadat die drie insittendes nie daarin geslaag het om bevredigende redes te gee vir die besit van die batterye nie, is hulle onmiddellik in hegtenis geneem. Die voertuig sowel as die batterye is gekonfiskeer.”

Die drie verdagtes sal binnekort in die landdroshof op Kuruman verskyn.