Nasionale dag vir Vermiste Persone

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Op 3 Februarie word mense se aandag gefokus op diegene wat vermis is.

In Kimberley alleen hoor jy elke dag van iemand wat vermis is. Cannon White Scheepers (28) is al vir nege dae vermis. Sy familie in Kimberley het geen benul waar om te begin soek nie.

In Suid-Afrika word 77% van alle vermiste kinders opgespoor.

80% Van alle kinders wat ontvoer word, is 12 jaar en ouer.

Die geskiedenis van hierdie dag

Jo Ann Lowitzer se dogter, Alexandria, het in 2010 vermis geraak. Lowitzer het hierdie dag gebruik om bewusmaking te skep.

Aanhoudende ondersteuning is nodig om die families van vermiste persone te bemoedig.

Dit sal nie met my gebeur nie

Ons dink dat dit nie met ons sal gebeur nie. Dit gebeur net so gereeld dat volwassenes vermis raak en nie net kinders nie.

Slagoffers

Vrou en kinders is die grootste teiken. Hulle word geteiken omdat hulle meer weerloos as mans is. Vroue, kinders en bejaardes word slagoffers van mensehandel en word dan ook deel van statistiek.

Wees op die uitkyk vir vermiste persone en gebruik hierdie dag om ’n vriend of familielid te ondersteun wat na iemand op soek is.