SUID-AFRIKA – Alle roomysliefhebbers, vandag is die dag waarvoor jy gewag het!
Die eerste Saterdag in Februarie is Roomys vir Ontbyt–dag!
Hoe toevallig is dit dat die eerste Saterdag in Februarie ook sommer die eerste dag van die nuwe maand is? Dit klink amper nie soos toeval nie.
Na Januarie het almal ’n bietjie opwinding nodig. Na ’n deurmekaar, besige, emosionele en vreeslike lang maand, het almal net daardie klein iets nodig om weer ’n huppel in jou stap te sit.
Wat beter as roomys vir ontbyt?
Dit is dalk nie die gesondste alternatief vir ontbyt nie, maar dit is darem net vir een dag in die jaar.
Die geskiedenis van hierdie dag
In die 1960’s het Florence Rappaport van New York in die VSA hierdie tradisie begin. Haar kinders was in die huis vasgevang na ’n sneeustorm. Roomys was die enigste uitweg om haar kinders weer op te beur. Haar kinders het weer hierdie tradisie voortgesit.
Dit het internasionaal begin versprei soos wat Rappaport se kinders oor die wêreld heengereis het. Vandag word hierdie dag gevier in Canada, New-Zeeland, Engeland, Israel, die VSA en natuurlik ook in Suid-Afrika!
As jy dalk uitgemis het op roomys vir ontbyt, moenie bekommerd wees nie! Middagete en aandete lê ook nog voor!



