JOHANNESBURG – Enoch Mpianzi (13), die seun wat verdrink het tydens die Parktown Boys’ High School se gr. 8-oriënteringskamp, se dood ruk nie net sy ouers nie. Dit strek wyd oor die land.
Die veiligheid van skoolkinders word deur beide die leerders en hul ouers bevraagteken. Die LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, raai skole aan om af te sien van oriënteringskampe tot ná die ondersoek van Mpianzi se dood.
Die oriënteringskamp
Volgens wat ’n leerder wat aan sy ouers vertel het, het die bus omstreeks 10:00 die oggend van 15 Januarie 2020 by die skool vertrek. Die oriënteringskamp sou tot en met 17 Januarie 2020 duur, maar is kortgeknip weens Mpianzi se verdrinking. Die leerders van Parktown Boys’ High School is op Donderdagoggend met hul ouers herenig.
Ouers spreek kommer uit
Die ma van ’n leerder aan die skool, wat nie genoem kan word nie om hul identiteit te beskerm, vertel dat die klank van water haar seun traumatiseer.
Die sielkundige toestand van die leerders word met behulp van berading verbeter.
Parktown raai oriënteringskampe af
Dit het aan die lig gekom dat Parktown Boys’ High School reeds twee jaar vantevore daarvan moes afsien om oriënteringskampe aan te bied.
Die Krokodilrivier is daarvoor berug dat dit gevaar inhou vir jongmense
Die Parktown Boys’ High School se oriënteringskamp is gehou by ’n vakansieoord wat grens aan die Krokodilrivier.
Volgens die leerders wat saam met Mpianzi op die kamp was, was die sluise van die rivier oop en die stroom was sterk. Daar is ook nie reddingsbaadjies aan die leerders beskikbaar gemaak nie.
Na die verdrinking van Mpianzi is ’n 15-jarige meisie, Hesmarie van Loggerenberg, deur ’n krokodil aangeval.
Onafhanklike ondersoek
Die ouers van Mpianzi, Antoinette Mpianzi en Itamba Guy, versoek dat daar ’n onafhanklike ondersoek ingestel word. Iemand moet verantwoordelik gehou word vir Enoch dood en sy ouers soek antwoorde.
Die veiligheidsmaatreëls in skole regoor Suid-Afrika is na die bekendmaking van die Parktown-tragedie opgeskerp. Die ander probleem wat nou kop uitsteek, is die oorvol klaskamers wat ouers ook bekommer.



