Taxi slaan om in Vanderbijlpark

Deel hierdie storie / Share this story

VANDERBIJLPARK – Altesaam 19 skoolkinders het vandag hier ’n noue ontkoming gehad toe ’n taxi omgeslaan het. Die kinders is tussen die ouderdom van sewe en 12.  

Op pad skool toe

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, vertel aan FiND iT die ongeluk het omstreeks 07:22 in Faraday-boulevard op pad skool toe gebeur.

Gemeendskapmense help

“Die oomblik wat ons daar aangekom het, was die gemeenskapsmense reeds besig om die kinders uit die taxi te help, die 19 kinders en ’n  bestuurder was in die taxi.”

Oorsaak van ongeluk onbekend

Die kinders en bestuurder het ligte tot matige beserings opgedoen. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.