Vier dae sonder krag

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Anna Gouws (78) is al sedert Donderdag 12:00 sonder krag.

Gouws het al verskeie kere by die Sol Plaatje-munisipaliteit navraag gedoen oor die krag wat afgesny is. Sy betaal elke maand haar rekening stiptelik.

Gouws vertel sy was vandag weer by die munisipaliteit. “Mnr. Cader, die finansiële hoof van Sol Plaatje, het my vriendelik gehelp om my probleem uit te sorteer. Hy het sy sekretaresse opdrag gegee om onmiddellik  die saak te help ondersoek.”

Gouws vertel haar krag moes nie afgegaan het nie en dat die probleem nou opgelos is.

Gouws se krag is Maandag 10:30 weer aangeskakel en haar elektrisiteitsprobleme is iets van die verlede.