KATHU – ’n 26-Jarige man is vir die handeldryf in dagga by ’n ryloop-gebied op Kathu in hegtenis geneem.
Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is omstreeks 23:00 deur die Kuruman-polisie tydens ’n stop-en-soek-operasie in die besit van 1.785 kg gevind en hy is gearresteer.
Die beskuldigde gaan binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.
Maj.-genl. Johan Bean het die lede vir hul uitmuntende dienslewering bedank.
Bean het aangedui dat soortgelyke operasies deur die polisie uitgevoer sal word.




