KIMBERLEY – Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het weer die driekamerhuis waar sewe gesinne woon met goeie nuus besoek.
Saul het op sy Facebook-blad gedeel dat hy vroeër die maand saam met Cyril Ramapahosa, die president, die huis besoek het.
Gesinne ontvang goeie nuus
“Met die hulp van die Collen Moshawana-stigting gaan die bou van ses huise vir die gesinne in Februarie begin, en die huidige voorhuis word opgegradeer.”
Verder is die president en minister Lindiwe Sisulu verbind tot ‘n massiewe menslike nedersettingsprogram in die provinsie om informele nedersetting uit te roei.
“Hou ons dop,” sluit Saul af.






