Nasionale Grondboontjiebotter Dag

Deel hierdie storie / Share this story

SUID –AFRIKA – Wees gewaarsku indien jy allergies is vir neute! 24 Januarie 2020 is Nasionale Grondboontjiebotter Dag!

Hoewel daar ’n debat aan die gang is oor die gesondheid van grondboontjiebotter is daar een feit wat niemand kan ontken nie. Grondboontjiebotter is lekker!

Daar is egter ’n verskeidenheid redes oor waarom grondboontjiebotter juis gesond is.

Sukkel jy om daardie laaste paar kilogramme af te skud? Jy kan net ’n handvol neute of ’n teelepel vol grondboontjiebotter eet.

Bang vir vet? Moenie wees  nie. Grondboontjiebotter is vol gesonde vette. Die soort wat jou liggaam nodig het om te funksioneer.

Grondboontjiebotter is hoog in potassium en proteïene wat ook dan die risiko vir hoë bloeddruk, hartprobleme en beroertes bekamp.

Voel dit asof jy ’n hupstootjie nodig het? Grondboontjiebotter kan vir jou daardie ekstra oemf gee!

Vandag kan jy grondboontjiebotter aan albei kante van jou toebroodjie smeer… en jy mag dit maar geniet!