KIMBERLEY – Anthony Tinkie Schalk (50) het Vrydag in die Mothibistad-streekshof verskyn op aanklag van verkragting. Die voorval het in Junie verlede jaar plaasgevind. Schalk is tien jaar tronkstraf gevonnis.
Volgens maj.-gnrl. Johan Bean was Schalk en die 36-jarige slagoffer by ’n kroeg. Op pad huis toe het Schalk die vrou by sy plakkershut in forseer. Daar het hy haar verwurg en met ’n mes gedreig voor hy haar verkrag het.
Die saak is by die polisie aangemeld en hy is in hegtenis geneem.
Kapt. Caren Nel het die ondersoekbeampte sers. Tebogo Phillip Nowalaza vir sy toewyding aan die saak geprys.



