AfriForum Kimberley skenk geld vir slaggat-projek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – AfriForum Kimberley het R80 000.00 geskenk om FiND iT te help met die slaggat-projek.

FiND iT, die grootste aanlyn mediagroep in die sentrale streek, het die inisiatief begin deur slaggate ’n laaste opstopper te gee.

Rudi Ferreira, FiND iT se bedryfshoof, sê hy weet watter uitdagings infrastruktuur van ‘n stad soos Kimberley bied en hoe moeilik dit is om dit in stand te hou. “Elkeen van ons het wel ’n verantwoordelikheid om ’n positiewe bydrae te maak en ons vat vandag hande met die res van die gemeenskap.”

Ian Smith, voorsitter van AfriForum Kimberley, wat ’n burgerregte-organisasie is, sê alle lede van AfriForum maak elke maand ’n bydrae wat aangewend word vir projekte soos dié. “Dankie aan al die lede wat dit moontlik maak om die tipe goed te doen. Ons sal dit waardeer as meer mense by AfriForum Kimberley en die slaggat-projek betrokke sal raak.”

FiND iT gee jou onderneming blootstelling op sy platform wat reeds meer as 500 000 aanlyn-verbruikers het en nie een persoon moet sy bydrae as te gering skat nie.

Ons oogpunt is om 3 000 slaggate voor 1 Julie 2020 toe te stop.