Bloemfontein se Brody – opvolg

BLOEMFONTEIN – Brody, wat na bewering ernstig gemartel is deur ’n klomp jong seuns wat ’n klapper in sy oor laat afgaan het, herstel vinnig.

Die dapper hondjie het ’n operasie ondergaan en volgens Bloemfontein se DBV het alles mooi vlot verloop. Dit gaan baie goed met Brody en hy is stelselmatig besig om te herstel van die trauma wat hy beleef het.

Bloemfontein se DBV doen alles in hul vermoë om Brody weer gewoond aan mense te kry, sodat hy kan aangaan met sy lewe.

Brody het nie sy gehoor verloor nie en sal met albei ore kan hoor. Die infeksie wat hy opgedoen, het sal ongeveer vier weke neem om te herstel.

Binnekort sal Brody na sy nuwe huis kan gaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: