Kersdag verkragter, lewenslank agter tralies

Sersant Lionel Rooiland

POSTMASBURG- Die SAPD in die Noord-Kaap verwelkom die verkragtingsvonnis wat aan die 27-jarige man in die Postmasburg-Landdroshof opgelê is. Op 13 Januarie 2020 is die beskuldigde skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 6-jarige meisie op Postmasburg.

Op 25 Desember 2018 ongeveer eenuur die oggend het die beskuldigde die jong meisie vanuit haar plakkerskamphuisie weggeruk waar sy saam met haar broers en susters geslaap het. Die slagoffer se oom, die beskuldigde, wat vir die familie oor die feestydperk gaan kuier het, het haar in die veld ingeneem waar hy haar gedreig en verkrag het. Die ouers van die meisie het wakker geword en besef die meisie is vermis en het na haar en die oom begin soek. Die slagoffer is nie ver van die huis nie gevind en sy het gehelp om te wys waar die beskuldigde wegkruip. Die beskuldigde is onmiddellik gearresteer en het tot vonnisoplegging in aanhouding gebly.

“Die provinsiale hoof in die Noord-Kaap vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), brig. Nicky Mills, het die ondersoekbeampte, Sersant Lionel Rooiland, verbonde aan die Postmasburg se FCS-eenheid, geprys vir goeie werk. Dankie dat u seker maak het dat die oortreders wat hierdie gruwelike misdade pleeg, met die volle mag van die wet gestraf word, het Mills gesê.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: