Plaasaanval-verdagtes Maandag in hof op Boshof

Deel hierdie storie / Share this story

BOSHOF. – Die vermeende moordenaars van Sakkie (67) en Ina (62) van der Berg verskyn weer Maandag hier in die landdroshof.

Die egpaar is in Julie verlede jaar op hulle plaas, Bloubos, sowat 20km buite Boshof, vermoor.

Johannes Sekgoro, Leepile Daniel Sidasie, Daniel Tsekiso Seloane en Thami Terrence Kat is kort daarna in Dealesville vir die moorde in hegtenis geneem. Hulle is steeds in aanhouding.

Die verdagtes sal na wat verneem word Maandag aansoek om borgtog doen.