’n Slaai vol brokkoli, spek, druiwe en amandels, met ’n romerige sous. Elke happie is heerlik!
Bestanddele
- 1 koppie ligte mayonnaise
- 1/3 koppie suiker
- 2 eetlepels rooiwynasyn
- 1 teelepel selderysaad
- 2 koppe brokkoli, in klein blommetjies gebreek
- 500g spek, gaar en in klein stukkies gesny
- ½ koppie amandels, opgekap
- 2 uie, dun gesny
- 1 koppie seldery, gekap
- 1 ½ koppies rooi pitlose druiwe, gehalveer
Metode:
- Klits mayonnaise, suiker, rooiwynasyn en selderysaad in ‘n klein bakkie saam. Plaas minstens 30 minute in die yskas.
- Kombineer broccoli, spek, geroosterde amandels, groen uie, seldery en druiwe in ’n groot bak.
- Voeg die sous by die res van die slaaibestanddele en roer deur.



