Brandweer red skaap

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Skaap is vandag deur die brandweer uit ’n gat in Ronaldsvlei in Greenpoint gered.

Robbey Zitha, van die brandweer, sê aan FiND iT die skaap het vreeslik geskree toe hulle daar aankom.

Die gat waarin die skaap geval het, is verskuil onder ’n boom. Die skaap het sedert vanoggend daar vasgesit.

“Dit is nie die eerste keer dat ons ’n dier uit die gat uit haal nie.”

Verlede week het Zitha en sy span ’n perd uit die gat gehaal wat vir vyf dae vasgesit het.