Shamiel Paulse, wat laasjaar by Hoërskool Noord-Kaap gematrikuleer het, gaan hierdie jaar elektriese ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hy probeer hierdie vakansie so veel as moontlik ontspan en voorberei vir die jaar wat voorlê.



