Kwart miljoen rand se vuurwerk gekonfiskeer

Deel hierdie storie / Share this story

FRANCES BAARD DISTRIK – Die Kimberley-polisie met die hulp van die polisie se plofstofeenheid het straatverkopers en besighede wat vuurwerk verkoop het sonder ’n geldige lisensie beboet en vuurwerk gekonfiskeer.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê: “Meer as sestig boetes is onder die plofstofwet 26 van 1956 opgelê, wat tussen R1500 en R2500 gewissel. Byna drie ton plofstof is gekonfiskeer, met ’n geraamde straatwaarde van bykans ’n kwart miljoen rand.”

Die operasies het in Kimberley en op Douglas, Jan Kempdorp, Hartswater, Pampierstad en Warrenton plaasgevind.