August 4, 2021

Sol Plaatje op pad om pyp in Cassandra te herstel

Thoko Riet, munisipale woordvoerder, het aan FiND iT bevestig die span is gereed om die pyp reg te maak.

Dié belofte kom na twee dae sonder water in dié buurt.

Die water in Cassandra was twee dae lank af weens ’n gebarste pyp. Inwoners sê die munisipaliteit het slegs die stopkraan toegedraai en nie die lek herstel nie.

Die stopkraan is vanoggend oopgemaak sodat inwoners water kan hê, maar die waterlek is nie herstel nie.

Riet het ook bevestig die munisipaliteit se begroting is gesny en werkers mag nie meer as 30 ure oortyd werk nie. Wanneer die 30 ure limiet bereik word, word enige werk gestaak.

FiND iT het verdere vra oor hoe die begroting inwoners sal raak, aan Riet gerig. Sy het gesê sy sal later kommentaar lewer daaroor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *