Water stroom in Sentraalweg

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Water stroom al van gister af op die hoek van Carrington-en Sentraalweg. Inwoners van die gebied is bekommerd oor die hoeveelheid water wat gemors word.

Inwoners het reeds die gebarste pyp ’n paar keer aangemeld. Ester Kruger, wat ’n besigheid in die gebied bedryf, sê sy het al persoonlik die probleem by die munisipaliteit aangemeld. “Tot hede is daar nog geen werk gedoen nie. Die water stroom nou nog. Die munisipaliteit antwoord glad nie eers meer hulle fone nie. Duisende kiloliters water loop in die straat af.”

FiND iT het navraag by Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen. Riet sê die probleem is gerapporteer en werkers sal binnekort die probleem herstel.