GALESHEWE – Die polisie het gister ’n vroeë Kersfees vir die bejaardes van Seochwareng-tehuis vir bejaardes gehou.
Die hoofdoel van die dag was om veiligheidswenke te deel en om bejaardes bedag te maak op hul veiligheid gedurende die feestyd. Kol. Alexia Robertson, polisiewoordvoerder, sê: “Dit is tye soos hierdie wat bejaardes kwesbaar is en gelos word om vir hulself te sorg.”
Die bejaardes is met drankies en koek bederf.






