NOORD-KAAP – Die polisie waarsku die gemeenskap om bewus te wees van ’n beweerde bedrogspul wat die rondte in en om die Noord-Kaap doen.
Sosiale media-platforms
Lt.-kol. Matthew Boer, polisiewoordvoerder, sê: “Na bewering plaas die swendelaars foto’s van voertuie wat hulle te koop het op verskillende sosiale media-platforms. Hulle vra ’n deposito voor die aflewering van die voertuie. Die verdagtes daag uiteindelik nooit op met die voertuig nadat hulle die kontantdeposito ontvang het nie.”
Wees waaksaam
Boer versoek mense om waaksaam te wees.
Enigiemand met inligting of die slagoffers van ’n soortgelyke bedrogspul was, moet asseblief vir lt.-kol. Boer by 082 495 4921 skakel.
Die ondersoek duur voort.



