Gin is deesdae die nuwe in-drankie. Elke tweede mens drink ’n gintjie. Is jy al moeg vir die gewone gin-en soda? Hier is ’n paar wenke om jou gin op te kikker.
- Vries klein vrugte soos bessies, gesnyde aarbeie, selfs komkommer en mint in ysbakkies met water of Sprite. Gooi dan die gevriesde vrugteblokkies by jou gunsteling gin-mengsel.
- Indien jy nie die vrugte wil vries nie, kan jy dit fyndruk en onder in jou glas sit voordat jy die ys en gin bygooi.
- Sit vars kruie by – ment, basiliekruid, tiemie, roosmaryn of self ’n bietjie laventel.
- Probeer ’n kaneelstokkie.
- Suiker en asyn voeg kleur en smaak by gin en soda. Roer net ’n lepelvol of twee na smaak in.
- Sit skywe suurlemoen, lemmetjie en selfs pomelo by.



