August 4, 2021

Sol Plaatje herstel waterlek in rekordtyd

KIMBERLEY – Sol Plaatje-munisipaliteit het gister ’n waterlek in Achillesstraat, Herlear, in rekordtyd herstel.

Ockie Fourie, DA-raadslid van Wyk 25, sê: “ Vandat ek die probleem by die ingenieur aangemeld het, todat Waterwerke daar opgedaag het om die water af te sluit, het dit 28 minute geduur. 28 Minute reaksietyd is fantasties.”

“Skaar ’n uur later was Sol Plaatje se werkers daar om die probleem te herstel,” vertel Fourie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *