BLOEMFONTEIN – Rover, die steekbaard-brakkie wat se been deur ’n liggaamsbouer in Bloemfontein gebreek is, se been is gistermiddag afgesit.
Liggaams bouer breek hond se been
Die liggaamsbouer (17) het na bewering sy hond se been gebreek om sy krag te toets. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein, is Sondagaand ná 23:00 na die Bayswater-omgewing ontbied deur iemand wat ’n hond hoor tjank het.
Gaan goed
Charmaine Engelbrecht, van die DBV in Bloemfontein, het aan FiND iT bevestig dit gaan goed met Rover. “Ons moes ongelukkig sy been afsit. Ons kon hom nie so sien ly nie.”
Kyk die video hier van hoe dit met Rover gaan.



