ROODEPAN – Die polisie in Roodepan het gister beslag gelê op 1934 Mandrax-tablette, asook ses sakke fyngemaakte Mandrax.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek het in die omgewing van die Roodepan-woonstelle plaasgevind. Dwelmhandel kom glo algemeen hier voor. ’n Vroulike verdagte (29) is in besit van die Mandrax-tablette gevind. Dit is vir R250 000 gewaardeer.
Sy sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.
“Die polisie het ’n sterk boodskap aan die inwoners van Roodepan oorgedra dat die wet kragtig gehandhaaf sal word gedurende die feestyd. Die ruimte vir misdadigers om te oortree moet minder gemaak word,” sê Ramatseba.
Foto: sowetanlive.co.za



